Metal Detecting Forums

Metal Detecting => Coins, Caches and Other => Topic started by: Neville Jones (ALF) on March 18, 2015, 09:26 AM

Title: In the Beeld this morning
Post by: Neville Jones (ALF) on March 18, 2015, 09:26 AM
Boodskap in ’n bottel
14 j. later word brief in seesand gevind
Deur Vania van der Heever  Woensdag 18 Maart 2015 03:10
Angela Harris vertel hoe verras sy was toe sy hoor iemand het die bottel, wat sy 14 jaar gelede op die strand by Danabaai begrawe het, gevind. Foto: Nelius Rademan Hiér het Angela Harris 14 jaar gelede haar bottel in Danabaai in Mosselbaai begrawe. Foto: facebook






Sy was 13 jaar oud en met vakansie in Mosselbaai toe sy vriende probeer maak het deur ’n brief in ’n bottel op die strand te begrawe.

Meer as ’n dekade later het ’n vreemdeling op dié bottel afgekom.

Angela Harris (27) van Meyersdal, Alberton, het die boodskap in ’n bottel 14 jaar gelede op die strand by Danabaai begrawe.

■ Lees ook: ​’n Mens in ’n bottel en ​‘Nieu-Seeland darem baie ver vir bottelbrief’

Daarin het sy ’n brief, haar gunsteling-hangertjie, ’n ring van haar suster wat toe vyf jaar oud was, van haar gunsteling-sjampoe en ’n armband van haar eerste partytjie gesit.

In die brief beskryf Harris haarself en gee sy haar telefoonnommer en adres, en moedig wie ook al haar bottel vind, aan om haar te kontak.

“Die persoon wat my bottel vind, moet my goed mooi oppas asseblief. Ek gee nie om of jy wit, swart, vet, maer, ryk of arm is nie. Skryf asseblief vir my terug,” het sy geskryf.


’n Skattejagter het Saterdag met sy metaalverklikker op die strand geloop toe hy op die bottel afkom. Michael de Nobrega van Mosselbaai het Harris via Facebook opgespoor en vir haar foto’s van haar “skat” gestuur. Harris het Dinsdag aan Beeld gesê sy het van die bottel vergeet.

“Ek was met vakansie by my ma se huis in Mosselbaai in Desember 2001. Ek was lief om op die strand te sit. Ek wou nuwe vriende maak en dalk ’n kêrel ontmoet. Ek het eendag op die strand gesit en dagdroom en net besluit om dit te doen. Ek het nie die bottel in die water gegooi nie, maar dit liewer begrawe.”

Harris en die man wat die bottel gevind het, het nog slegs op Facebook met mekaar kommunikeer.

“Ek het vergeet wat ek in die brief geskryf het. Toe ek die foto van die brief sien het ek my doodgeskaam. Ek gee hopeloos te veel besonderhede oor myself.”

Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Peter Callahan on March 18, 2015, 10:03 AM
Its a good story. Been on facebook already.
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Tom White on March 18, 2015, 10:27 AM
Baie interisante storie
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Wilhelm Ludik on March 18, 2015, 12:47 PM
I think he found the real treasure out there.
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Tony Curnick on March 18, 2015, 08:59 PM
Sweet story..My Afrikaans is rusty though took several minutes to read!!
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Neville Jones (ALF) on March 19, 2015, 12:44 PM
Sorry Tony. I should have run it through Google translate before posting it.... ;D
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Paul van Heerden on March 19, 2015, 02:29 PM
There is an english article on News24 regarding this

http://traveller24.news24.com/News/Messsage-in-bottle-discovered-on-Garden-Route-beach-20150318
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: James Kraft on April 20, 2015, 11:06 AM
Interesting
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Flemish Hunter on June 15, 2015, 03:45 PM
Baie interisante storie!
Title: Re: In the Beeld this morning
Post by: Ronel on June 16, 2015, 04:17 PM
Haha Flemish Hunter Afrikaans sounds a lot like Flemish and use a lot of afrikaans words. Nice comment!